Onderhoud met Charl-Pierre Naudé

Foto deur Gerald Zorner

Foto deur Gerald Zorner

Alwyn Roux: Nuwe stemme 6 het pas in 2017 verskyn. Jy en Bibi Slippers is die samestellers. Voor watter uitdagings het jy te staan gekom met die saamstel van die bloemlesing?

Charl-Pierre Naudé: Die uitdaging is maar altyd dieselfde: om ’n stem wat talent het te eien, ráák te sien. Soms is ’n goeie nuwe stem toegegooi onder sy eie pretensie of hebbelikhede, of is dit selfs te subtiel om gou raak te sien. Die samesteller se taak is om sy radar so skerp soos ’n vlêrmuis s’n te kry.

Die tweede uitdaging is wat om te maak met die nuwe stem wat jy wel raaksien.

Daar was twee nuwe stemme, Angie Gallagher en Franco Colin, waaraan min skawing nodig óf moontlik was. Hulle was reeds ver genoeg ontwikkel. As ’n nuwe digter op daardie stadium is, is hulle reeds op dreef en jy as samesteller kom eintlik in die vaarwater. Die verlies hier is dat jy dalk ’n sterker bydrae kon gemaak het as jy hulle vroëer getref het. Die pluspunt is dat hulle jou amper nie nodig het nie. En tog, was dit wonderlik om wel die verlore skakel te help vind vir enkele van Franco se reëls. Sy poësie het ’n sterk serebrale kant en sulke gedigte is wonderlik as hulle slaag.

Wat betref die skawing self, elke nuwe stem vra om ’n ander soort raad of “ingryp” van die Nuwe Stemme-samesteller. Dit gaan afhang van wie die nuwe digter is.

Nuwe-Stemme-6-Omslag---JPEG

Alwyn: Hoe het jy te werk gegaan in die skryf van In die geheim van die dag (2005) en toe Against the light (2007) as Engelse vertaling?

Charl-Pierre: Enkele van hierdie verse het as “private gedigte” ontstaan, wat ek vir ’n meisie geskryf het. Hierdie spesifieke gedigte se eerste weergawes was in Engels. Ek het hulle toe in Afrikaans oorgeskryf, hoewel dit van die begin af vir my duidelik was dat daar ook ’n Engelse bundel sal wees. Sommige van die ander gedigte het toe spontaan in Afrikaans ontstaan. So dit het alles te doen met die skisofrenie van Suid-Afrikaan-wees.

Dit was ’n rare ervaring om “dieselfde” gedig in twee tale te sien gebeur: Dit gaan daaroor om die vorm van die gedig in die ander taal te vind; die ritmes en die skandering, dis dikwels anders in Afrikaans as in Engels.

Against the light

Hierdie bundel se gedigte is dikwels  “idee-gedigte”; die kern van die gedigte is ’n poëtiese idee – ’n bepaalde teenstelling, of ’n vergesig of ’n “gevoelskonsep” of ’n gebeurlikheid, of dit gaan oor ’n “herinnering” by die verteller –  en daarom is ook die meeste daarvan konteks-gedrewe, nie reëlgedrewe nie. Reëlgedrewe gedigte ontstaan dikwels reël vir reël, terwyl konteksgedigte voortborduur vanuit ’n vooraf ingevoelde “raam”, wat van die begin af “daar” is ( maar wat natuurlik ook kan verander soos wat die gedig geskryf word). Die woorde kom dan voort om dié liriese “raam” in te vul.

Dit gaan dus oor die ingewing, dán kom die woord. Met reëlgedrewe gedigte is dit eers die woord en dan die betekenis wat daaaruit groei. Antjie Krog se woordgedrewe gedigte in Mede-wete is hiervan ’n goeie voorbeeld.  (Ek oorvereenvoudig natuurlik nou ter wille van begrip, gedigte is ook soms ’n mengsel van reël – en konteksgedrewe impulse.) In reëlgedrewe gedigte kan jy enige of een van meeste van die reëls neem, en jy sal die gedig se struktuur daaruit kan aflei, die reël sal die struktuur bevat (’n goeie voorbeeld: Mede-wete). In die geval van konteksgedrewe gedigte, soos In die geheim van die dag meestal is, en ook in Al die lieflike dade, kan jy nie die poëtiese struktuur van die mededeling na die reël reduseer nie, want die elemente van die struktuur is oor die gedig as geheel versprei,  dus is die struktuur van die mededeling slegs uit die konteks afleibaar.

In die geheim van die dag

’n Ander onderskeid wat getref kan word wanneer ’n mens praat van onlangse gedigte in Afrikaans, soos byvoorbeeld aangetref in In die geheim van die dag, is die verskil tussen die liriese impuls en die narratiewe impuls. Aangesien ons hier per definisie praat van liriese gedigte, is wat ter sprake is die narratiewe impuls ín die liriese gedig.

Die liriese impuls is myns insiens geneig om die tyd-aspek te “vries”; dit borduur of “karring” op ’n gevoel of insig, en dit maak van kousale gegewens ’n “tydlose moment”. Die narratiewe impuls, daarenteen, werk wel met tyd en tydsverloop as integraal aan die liriek van die mededeling. Die liriese stolling gebeur op ’n ander manier. Dit gebeur onder meer deur middel van  die tyd-aspek, nie deur die tyd-aspek te vries of te stol nie of te minimaliseer nie.

’n Voorbeeld van ’n reëlgedrewe liriese digter uit ’n ander taal is Nederlands se Lucebert.

Ek dink twee gedigte van my wat die narratiewe liriese werking goed illustreer is “Die grond van die voorvaders” en “Twee diewe”. Oor laasgenoemde is al geskryf, so kom ons kyk na eersgenoemde.

In “Die grond van die voorvaders” is daar sprake van ’n stryd wat in die verlede op die grond plaasgevind het. Daar is twee verhale merkbaar, ’n liefdesverhaal en ’n politieke verhaal. Die “grond” is nie net die grond van die politieke erfenis nie, dis ook die “grond” van die geslagtelike liefde, die grond van almal wat voor jou liefgehad het; ’n gesogte grond, maar per definisie versteurd. Die twee geliefdes voel ’n onsigbare, dreigende krag aan, hulle voel gelyktydig verswelg deur en aangetrokke tot hierdie krag.  En dan gebeur iets wat hulle red. Die spil van die gedig is hoe die politieke verhaal ’n metafoor word vir die liefdesverhaal, spiëelbeelde van mekaar. By beide relase is ’n redding betrokke. (Ek was as digter in hierdie tyd nogal deur die beginsels van die WVK beïndruk. Sedertdien het my sienings van die WVK verander. Maar ek dink steeds die vergifnis-idee daar agter is ’n sterk beginsel.)

Die struktuur van hierdie narratiewe liriese gedig verteenwoordig myns insiens die narratiewe liriese vers in sy meer subtiele vorm. Elke gegewe van die narratief het ’n metaforiese, en soms ’n simboliese, bybetekenis. Ek noem een: “die hoë grond”. Dié frase is ’n sleutelgegewe in die gedig, dink ek.

Voorbeelde van konteksgedrewe narratiewe liriese digters op die wêreldtoneel is Yehuda Amichai (Hebreeus, Israel), Raymond Carver (Engels, VSA), en heelparty van Anne Carson se gedigte (Engels, Kanada). Hierdie is baie uiteenlopende digters, bygesê. Tomas Tranströmer (Sweeds), die Nobelpryswenner, is ook ’n goeie voorbeeld. Hoewel ek sou meen sy gedigte is ewe veel beeld-gedrewe.

Van groot belang by die konteksgedrewe narratiewe liriese gedig is die ontknoping, ’n sekere wending, meestal teen die einde van die gedig. Hierdie wending bly oënskynlik verduister in die res van die gedig (terwyl die reëlgedrewe gedig se uiteindelike wending van veel minder belang is, veel kleiner is, en min of meer sigbaar word in die res van die gedig, waar elke reël ’n wending in die kleine bevat).

Daar is al studies gedoen wat van my narratiewe gedigte saam bespreek met Antjie Krog en Loftus Marais se narratiewe gedigte, onder andere. Almal interessant. Die groot verskil tussen my en Krog is reeds hierbo genoem. Daar is ook verskille tussen my en Loftus se narratiewe aanslae. Die up front satiriese aanslag by Marais verwring die voorkoms van die gedigte op ’n bepaalde vooropgestelde manier, terwyl die narratiewe gedigte in In die geheim van die dag  ’n sekere deadpan, alledaagse voorkoms probeer handhaaf. Hierin stem hulle ooreen met sommige van Danie Marais se narratiewe liriese gedigte, hoewel daar weer ander verskille tussen ons twee bestaan, kennelik ’n fokus op die transendente by my en ’n soort weerlegging daarvan deur die sterk ondermaanse klem, by Danie Marais.

’n Opvallende verskil tussen Al die lieflike dade (ADLD) en my vorige bundels is myns insiens geleë in ’n groter klem op die aspek van beeldgebruik by ADLD; op die beeld-binne-die-gedig, byvoorbeeld. Die gedigte werk ook bietjie meer met ’n fokus op die onderfadelings, op die strofe, byvoorbeeld – as draer van ’n beeld-idee.

Al die lieflike dade

Alwyn: Jy het onlangs in die literêre joernaal Stilet 28 (1) vier gedigte van die Nederlandse digter K. Michel vertaal. Kan jy ons meer vertel van jou belangstelling in die digter K. Michel se werk en hoe jy te werk gegaan het om die werk in Afrikaans te vertaal?

Charl-Pierre: Ek het saam met K. Michel voorgelees aan huis van Geno Spoormans en Carina van der Walt in Tilburg. Die geleentheid is jaarliks by Die Wewershuisie te Tilburg. Voor dit het ek hom ontmoet deur Willem van Toorn, die Nederlandse digter en kritikus, en Alfred Schaffer, nog ’n Nederlandse digter.

Michel skryf nogal sintetiese verse, dis geheel en al sy eie “kopkosmos” daai. Hy is besig om allerlei idees oor skepping en die Skepping oor te dra, meestal intens ontluisterend, en jy moet die Nederlandse digkunsgeskiedenis ken om agter te kom watter sinspelings hy besig is om los te torring. Geno Spoormans het my vertel, anders sou ek Michel se gedigte vereenvoudigd verstaan het. Die paradoks is hulle IS eenvoudige gedigte. Maar veel minder eenvoudig as die eenvoud self, as jy my weerspreking volg. Michel is nogal ’n anti-intellektuele digter – op sy beste is dit ’n waardige posisie om in te neem – ek is presies die teenoorgestelde – en terwyl ek saam met hom om ‘n tafel gesit en vertaal het, het hy soms vir my gegrinnik,  asof hy sê: “Hou nou gerus op om so diep te kyk, man, dis alles oppervlak, dis net gedigte … “ Dis dan wat ek onwillekeurig nog dieper wil kyk. K. Michel is ’n man wat maklik grinnik.  Ek moes elke nou en dan afkyk om seker te maak my broek het nie afgeval nie. Hulle maak nie meer gordels soos in die ou dae nie. En, nou ja, Michel is ‘n man wat maklik grinnik, soos ek sê.

Die verfynings van daardie vertalings het ek en Geno Spoormans oor Skype gedoen, hy in Tilburg en ek wat in Berlyn sit. Dit was somer in Berlyn se strate, en ek het op ’n kol my studeerkamerlig afgeskakel om die hitte te verminder. Dus was dit net ek en die flikkerende ge-Skype voor my. (Ek het wel ’n leeslampie aangehad, anders sou Geno my nie van so ver weg kon sien nie.) Die venster was oop en ’n bries het ingewaai. Charlottenburg-stasie se treine het elke dan en wan verbygedreun. Ek en Nicky, my vrou, het in dieselfde woonstel gebly as die filmmaker Jim Jarmusch toe laasgenoemde in Berlyn woonagtig was in die jare tagtig (rondom 1986). So, Jarmusch moes dikwels op dieselfde balkonnetjie gestaan en uitkyk het; wat ’n pragtige straat, Windscheidstrasse; en ek sweer hy moes Charlottenburg-stasie se treine op ’n kassetjie opgeneem en in sy rolprent Mystery Train gebruik het, want dit is presies dieselfde tydsintervalle van treine wat kom en gaan (Jarmusch se fiktiewe treine was  in  Memphis, Tennessee, die plasing van die rolprent). Nou kyk, jy kan my nie vertel dat jy Deutsche Bahn-tydsintervalle op elke plek op aarde vind nie. Dis fokken spesifiek. Maar dit daar gelaat. Wat ek eintlik wil sê: Dit was ook somer in een van die gedigte van Michel wat ons vertaal het. Is ek reg? Ek het nog nie my Stilet in ontvangs geneem nie, daar is nog vertalings wat ons gedoen het, maar ek onthou die gevoel van sinergie tydens die vertaalproses: die somer, en die somer. Ek dag jy sal belangstel in die stukkie useless information.

Alwyn: Watter digters se verse lees jy graag en watter digters beskou jy tans as toonaangewende digters?

Charl-Pierre: Dit gaan afhang watter area van die digkuns ons oor praat. Dis ’n moeiliker vraag om te beantwoord as bv.: Wie was die toonaangewende na-oorlogse Europese digters, of Sestigers. Daar is ’n kakofonie van tone daarbuite, en almal van hulle word “aangegee”.  Ek hou van verskillende digkunste vir dit wat hulle is. Op verskillende tye het ek van verskillende digters gehou. Ek sou myself nie as meer belese in die digkuns beskou as enige van my tydgenote nie. Maar ’n goeie bundel kan my omtik, hoor. Op my leeslys staan volgende Johan Myburg se nuutste digbundel, Uittogboek.

Toonaangewende digters? Ek dink Alfred Schaffer se Mens.dier.ding is redelik toongewend. Ek dink die Duitse digteres Sylvia Geist is hermeties besonders en beeldend roerend. Ek dink ’n na-oorlogse digter soos Paul Celan is baie goed, maar weens sy politieke beduidenis, wat weliswaar baie beduidend is, waarskynlik effens oorskat. Ek dink die digteres Ulrike Draesner doen interessante dinge met die tema van historiese geheue. Een van my gunsteling oorlogse/ na-oorlogse digters is die Oos-Duitse Johannes Brobowski. Ek kan in hierdie trant voortgesels. Ek verneem onlangs van die bestaan van ’n baie besonderse Oostenrykse digteres, Christina Lavant, gestorwe, en raar. Daar is name wat stelselmatig uit die geskiedenis na vore tree as groots, wat bittermin te doen het met tyd en historiese plasing. Hulle oorskrei beide. Dit neem tyd vir sulke name om aan te meld. Terloops, ek hou baie van Miroslav Holub (Tsjeggies) se gedigte. Die Nederlandse vertaling, De geboorte van Sisyphus, is die beste. Schaffer was interessant genoeg die redakteur van die publikasie by Bezige Bij destyds.

Alwyn: Is daar ’n mark vir Afrikaanse gedigte wat na Engels vertaal word?

Charl-Pierre: Dis ’n kontensieuse punt. Die plaaslike Engelse digkuns is baie in sy eie reflekse opgetrek, en kom jy uit ’n ander hoek, wel dis soos om by ’n partytjie van ’n spul outiste op te daag. Hels interessant hoor, maar probeer nou gesels? As jy hallo sê dan word jy aangekyk of jy iemand se sonbril probeer steel het. En dít lánk ná sononder. Ek meen, waddefok? Dit beteken nie die ouens kan nie ook gaaf wees nie, mens moet net jou deel doen en in die verbygaan ’n ietsie in die punch strooi. Dis ’n inkennige lotjie. Alan Finlay en Nadine Botha tel onder my bedeesde gunstelinge. Botha is baie eksperimenteel beeldend, sy is onnodiglik onbekend. Finlay is ook as samesteller en voormalige redakteur van New Coin bekend.

Dan is daar die “swart tradisie” in Engels. Hier staan een vir my uit: die woordgees Vonani Bila. Bila skryf in Engels sowel as in XiTsonga en Sepedi. Wat min mense weet is dat hierdie man onlangs ’n werkstaak voltooi het wat hom rondom vyf-en-twintig jaar geneem het, as ek reg verstaan. Hy het ’n verklarende woordeboek vir sy moedertaal saamgestel, die eerste so ’n woordeboek vir sy taal,  wat glo so dik is soos die muur van ’n Middeleeuse klooster. Dis die soort stille heldedaad wat verrig word in donker Afrika.

Ek dink daar is ’n argument voor uit te maak dat daar ’n noodsaak is vir Afrikaanse gedigte om in Engels vertaal te word, omdat Engels die vernaamste deurgangspoort na ander tale is. Maar noodsaak en mark is nie dieselfde ding nie.

Alwyn: Jy is tans besig met die skryf van ’n proefskrif in die filosofie. Waarom juis die filosofie? En waaroor handel jou studie?

Charl-Pierre: Ek het nog nie begin skryf daaraan nie. Ek lees nog. Ek werk op Arbeit am Mythos deur Hans Blumenberg. (Work on Myth is die Engelse weergawe wat ek lees.) Ek hoop om eendag dié baksteen ook in Duits te lees. Blumenberg is ’n filosoof van die geskiedskrywing, dus skryf hy ook uitgebreid oor die kunste en letterkunde. Filosofie is ’n soort “aanvoorwerksterrein” waar jy die afkoms kan gaan leer ken van die inhoude waarmee jy daagliks omgaan. Alles het ’n afkoms. En dis waarom filosofie vir my belangrik is.

En filosofie verskil op ’n kardinale plek van die digkuns: Dit probeer objektief wees. Wat ’n lieflike, verlore strewe! (niemand weet dit beter as juis filosowe nie.)  Sweet people. Ek kry sommer trane in my oë (en koop nog ’n filosofie-boek). Ja, die filosowe … ek weet te min van hulle … daarom beplan ek om my doktorsgraad daarin te doen.

Alwyn: Ek dink aan die spreker se uitspraak in die gedig “Wetenskap” uit Al die lieflike dade (2015) –

God. Wetenskap. Die liefde.
Die een behoort die ander
meer gereeld te sien.

In watter verhouding staan die poësie vir jou ten opsigte van die wetenskap?

Charl-Pierre: Dis ’n wonderlike vraag! Dis onder meer waaroor Blumenberg se dikke knewel van ’n boek, wat ek sou vertaal as “Miteswerk”, handel. Wetenskap en religie en kuns, hulle is almal modusse van die weet. Almal belangrik. Almal verskillend, maar oorvleuelend. Die poësie is ook ’n vorm van “weet”, en waarskynlik die mees intens subjektiewe manier. Wetenskap, weer, wil mos alles bewys. Dis sy manier. O gonna, hy wil net bewys. Probeer nou enige iets met ’n gedig “bewys”? Jy kan “wys”, ja, maar nooit “bewys” nie.

Alwyn: Is jy tans kreatief besig? Is daar sprake van nuwe verse? Moontlik ’n nuwe bundel?

Charl-Pierre: Ek was kreatief besig gewees hierdie jaar. En ek beoog ’n nuwe roman. Ou roman? Oukei, laat ek vertel: Ek het ’n romannetjie gepleeg, en die outjie verskyn in Junie by Tafelberg. Ek het nog een in gedagte.

Dat is hoe het gaat. Maria du Pré

Er viel een boom in het bos.
Het was de laatste ljublum boom.
De mieren wouden er niet wonen.
De vogels wouden er niet wonen.
Geen bosdier wou er wonen.
De zon scheen erdoor het gat dat de boom daar liet
Hoog in de takken van het bos.
Een ryselboom-saadje voelde warme zonnestralen regenden
En het groeide heel snel in het gat dat de andere boom daar liet.
En niemand weende voor de ljublum boom.

Want dat is hoe het gaat in het bos.

Er viel nog eens een boom in het bos.
Een man hakte hem om voor overleving.
Hij bouwde er een hut, er waren andere beesten
Die niet bosdieren waren.
Hij plantte bomen de ouden te vervangen.
Toen stierf hij.
De beesten werden bosdieren, maar stierven ook.

Want dat is hoe het gaat in het bos.

Er viel heel een bos
Rokende gele machine kwamen, hakten, scheurden, rieken, brandden,
verscheurden…
Toen werd het een boerderij – vlees voor fast food.
Wat voor een wrede beest zijn men die aanbidt bij de tempel des Mammon.
Ik hoop op een dag dat men sterven zal.

Want dát is hoe het gaat in het bos.

skade loop in die bloedlyn af. Mariëtte van Graan

 

skade loop in die bloedlyn af
deur oorloë en kruistogte en konsentrasiekampe
deur die een slag en die volgende en die volgende
majuba distrik ses kerkplein
en hoor jy die magtige dreuning
dit druis soos bloed deur die geskiedenisboek

skade loop in die bloedlyn af
en spat teen ʼn trok in Nice
en op die vloer van ʼn Turkse lughawe
teen kameeldoringbome en op die gras by Langa

skade loop in die bloedlyn af
dit bal die vuis en borrel soos bloed
uit die monde van die mense
#feesmustfall #rhodesmustfall
#afrikaansmustfall
#Zumamustfall
AMANDLA
AWETHU

skade loop in die bloedlyn af
en jy sal nie vry wees
voor die geeste van jou voorvaders
leeggetap is nie

Interview with Kobus Kotze

Unisa Poetry Society held a truly unique poetry event on Friday evening August 12 called Imbokodo at MB Studio Community in Pretoria. Five well-renowned poets, Athol Williams, Nkateko Masinga, Zena Velloo John, Kobus Kotze, and Mthunzikazi Mbungwana performed some of their poems in celebration of Women’s Month in South Africa. We interviewed the poets and asked them to share some of their work with us.

Alwyn Roux: Why did you start writing poetry?

Kobus Kotze: I guess for the same reason most men do. I was in love with the coolest girl in our school when I was 13 and thought writing her some poetry would do the trick. It didn’t. That being said, I have always been in love with reading and words and the way books and stories made me feel was something sacred, untouchable and deeply personal. I guess I wanted to see if I could, in some way, touch this abstract but yet so real world on a different level than just being a reader

Alwyn: How does a poem begin for you?

Kobus: Interesting question. I think it kind of just happens. I mean, things happen in our daily lives – you have a conversation with someone, you witness something inexplicable that keeps bugging you, you see a person that reminds you of someone or something or you hear a song that takes you to a place that freaks you out so much that you have this need to try and understand the not understandable. You have to write about these things otherwise, they either disappear into oblivion and the fact that you experienced them become obsolete or they morph into repeating thoughts in our heads that drive us insane.

Alwyn: Could you tell us more about your upcoming poetry collection?

Kobus: Yes, it’s a collection of poems telling stories about landscapes, people, and dreams. It seems it’s always threes, isn’t it? Think of Freud – the ego, the super-ego and the ID, or the Holy Ghost, Jesus and the Father or mind, body and spirit. For me, people, landscapes, and dreams make up my abstract reality or then private dogma. I believe we are all extensions of other people and when we write about other people we actually write about ourselves as well as our split personalities, hopes, and ideals. Landscapes are open and, especially in a country like South Africa, landscapes and place names have big political significance. Where the people I write about project my personal inward feelings. Dreams are obviously the fictional world that blurs the lines between everything. Think of people as the traditional Jesus figure, landscapes as the bigger God –like figure and dreams as the more mystic Holy Ghost or people as a body, landscapes as mind and dreams as the spirit (in a Buddhist sense). I have always been accused of being a bit too political in my writing, I hope to live up to that in this book. As an Afrikaans speaking white man and a pale male, I like to challenge the perception people have of me and my identity. The poetry in Afrikaans and will also include a QR Code or CD, we are still figuring that out, with a link to a spoken word album where some of the poems are paired with music. I was lucky enough to have the help of some of my favourite current South African musicians in this regard.

Alwyn: Please give us a short summary of your ideas expressed at Imbokodo on 12 August at MB Studio Community.

Kobus: The poems I prepared had to do with things from my personal life. I talked about the strangeness of living in a foreign land, I currently reside in Korea. The second poem was about a brother and son my mom, me, dad and sister lost a very young age and how that memory almost became a metaphor for rebirth through hardship for me. My mother was there that evening and, as selfish as it might sound, it is a poem I wrote for her and I wanted her to hear it firsthand. There was a poem about a young boy being both abusive and abused, just as the 80s political system did to our society. This poem, just like the previous two were both autobiographical, albeit both with a bit of a creative license. The last poem was a drug infused rant to be quite honest.

Alwyn: What do you think it is important to celebrate Woman’s Month in Poetry?

Kobus: It is always important to celebrate women.

Onderhoud met Marlise Joubert

Alwyn Roux: Sal jy asb. meer agtergrondinligting gee oor die aanvanklike idee om die vertalingsprojek van in a burning sea (2014) te begin?

Marlise Joubert: Ek was in 2006 op ʼn besoek oorsee en ʼn week lank in Boedapest. Ek het die allerwonderlikste boekwinkels daar ontdek en teruggekom met ʼn swaar tas vol digbundels, almal natuurlik vertalings van Hongaarse digters, asook vele ander digters uit verskillende Europese lande. Dit het vir my gevoel asof daar haas geen land is wat nie sy vertalings na Engels het van hulle digters het nie. Digters waarmee ons hier nooit voorheen in aanraking sou kom, as dit nie was vir hierdie vertalings  nie. Die vertaalkunde beklee ʼn uiters belangrike posisie oorsee en word natuurlik as voltydse beroepe bedryf. Dis hier waar ek skielik besef het, dat ons eie vertalings van die Afrikaanse digkuns veral, omtrent geen bestaansreg of sigbaarheid het nie! Behalwe by monde van enkele vertalings van ons bekendste digters soos Breytenbach en Antjie Krog.

Omdat ons ook ʼn groot aantal oorsese besoeke op die webblad ontvang, het ek later weer daaraan gedink dat daar nie werklik ’n behoorlike bloemlesing met vertalings is wat spesifiek ons kontemporêre digters insluit nie. Nie in Engels of Nederlands nie. Nie oorsee of plaaslik nie. Tog is daar oor jare heen ’n baie groter belangstelling in Afrika, Suid-Afrika en Afrikaanse studies – byvoorbeeld dinamiese Afrikaanse departemente by universiteite in Poland, Wene en Moskou, asook enkeles in Nederland en België. Dus het ek gedink dat dit ’n goeie investering sal wees om so bloemlesing op die been te bring, juis vanweë die uniekheid en hoë kwaliteit van ons Afrikaanse digkuns tans, wat net so goed vergelyk as baie ander lande. Daar was wel ’n artikel wat ’n volledige oorsig oor ons digkuns gee deur prof Louise Viljoen wat ’n hoofstuk vorm in SA Lit – Beyond 2000, saamgestel deur Michael Chapman  (uitgegee deur University of KwaZulu-Natal Press, 2011). ’n Langer essay is hieroor gepubliseer in 2012 en op ons webblad geplaas:

http://versindaba.co.za/2012/01/30/louise-viljoen-of-chisels-and-jackhammers-afrikaans-poetry-2000-2009/.

Ek dink dat sedert demokratisering ons Afrikaanse digkuns goed gevestig geraak het as een van die mees gerekendes in die Suid-Afrikaanse letterkunde en multi-linguale samelewing. Die noodsaaklikheid om ʼn groter verskeidenheid van ons digters oorsee en ter plaatse bekend te stel, lê dus juis daarin om so ʼn versameling van vertalings byeen te bring om ’n gaping en behoefte ter plaatse en in die internasionale wêreldletterkunde te oorbrug. Hoewel hierdie bloemlesing ook ʼn waardevolle bron sal wees vir akademici en taalnavorsers, was die hoofdoel tog maar om meer poësielesers hier en veral in ander lande te werf vir ons digters en wat ʼn groter deelname hopelik sal bewerkstellig aan oorsese belangstelling.

burningsea_omslag

Alwyn: Die projek is omvangryk en bevat Engelse vertalings van 30 Afrikaanse digters. Waarom het jy besluit om te fokus op hierdie digters se werk?

Marlise: Ek het ʼn klompie digters gekies wat ek gedink het in die versameling opgeneem moet word en vir hulle gevra of hulle sou wil deelneem aan die vertalingsprojek. Die entoesiasme waarmee die projek verwelkom is, was oorweldigend. Nie alle digters kon betrek word nie. Ek moes sekere riglyne opstel. Eerstens wou ek nie ʼn versameling hê waarin 100 of meer digters in opgeneem word nie, want dan moet mens outomaties afskaal met die gedigte per digter. Om net een gedig dan van elkeen te kies, sou ook geensins verteenwoordigend wees van ʼn spesifieke digter se werk en styl nie. Ek het dus besluit op 10 gedigte in Engelse vertalings, waaruit André P. Brink dan later vier, vyf of meer gedigte volgens sy oordeel kan kies sodat daar minstens ʼn groepie gedigte per digter kan verskyn in ʼn versameling. Hierdie keuse het nie berus op ʼn waardeoordeel nie of die aantal bladsye wat ʼn digter dan kwansuis sou verdien nie. Uiteraard sou die lengte van die gedigte per digter ook die aantal bladsye bepaal!  ʼn Kort gedig is ook nie noodwendig minder belangrik of swakker as ʼn lang gedig nie.

Die ander riglyn was dat dit almal kontemporêre digters sal wees wat dan in ʼn bepaalde tydperk minstens 2 tot meer bundels die lig laat sien het as publiserende digter by ʼn gevestigde uitgewer. Ek het debute en selfpublikasies buite rekening gelaat. Die tydperk was dus 2005 tot 2011. Op die ou end het dit uitgewerk op 30 digters. Elkeen kon 10 gedigte van ʼn eie keuse lewer om vertaal te word.

Alwyn: 9 vertalers was by die vertaling van gedigte betrokke. Sal jy meer kan vertel oor die vertalers en hulle betrokkenheid by die projek?

Marlise: Ja, dit was vir my belangrik dat die vertaler en digter ten nouste moes saamwerk tydens die vertaalproses. Ek het van ons heel bekendste en vernuftigste vertalers in Engels genader. Vertalers kon kies watter digters hulle wil vertaal. As die digter nie tevrede was met die vertaler nie (wat in twee gevalle wel gebeur het) sou ek iemand anders voorstel. Sommige vertalers het natuurlik meer tyd tot hulle beskikking gehad en kon meer digters akkommodeer, terwyl ander net vir ʼn paar kans gesien het. Die digters het ook self besluit watter gedigte hulle wil voorlê vir die projek. Op dié manier is enige moontlike konflik oor keuses uitgesluit. Die digter moes absoluut tevrede gewees het met die vertalings en daarom het vertaler en digter nou saamgewerk. Daar was natuurlik ander digters wat hulle eie gedigte kon vertaal, of reeds oor vertalings beskik het. Andre P. Brink moes deur meer as 300 vertaalde tekste werk. Die gedigte wat oorgebly het, het natuurlik ook intussen ʼn plek gevind en is in ons vertaalkamers op Versindaba gepubliseer. Géén van die vertalings het dus heeltemal verlore gegaan nie.  Die idee hieragter is dat ʼn bepaalde leser wat vir die eerste keer via die bloemlesing van ʼn sekere digter kennis neem, nog verdere verse van die betrokke digter op Versindaba sal vind. Dit word ook so genoem in my voorwoord tot die bloemlesing.

Alwyn: Hoe gaan mens te werk om jou eie vertalings van ander digters te publiseer?

Marlise: Dis moelik om hierdie vraag te beantwoord. Die vertaler moet maar seker ’n uitgewer nader en verneem of hulle belangstel. Op Versindaba publiseer ons nog steeds vertaalde tekste wat op standaard is. Indien mens ’n bloemlesing wil saamstel, dan is dit goed om borgskappe daarvoor te kry sodat jy die uitgewer ook met die omvattende onkostes daarvan kan hulp wees. Dis verblydend dat Protea Boekhuis reeds heelwat vertalings in Afrikaans gepubliseer het, veral Nederlandse digters. Maar ek dink dis ook belangrik om die Afrikaanse letterkunde internasionaal meer bekend te stel.

Alwyn: Jy is self ook ’n digter en ’n vertaler. Sal jy ons asb. meer vertel oor die vertaalproses?

Marlise: Nee, ek is nie juis ’n vertaler nie! Ek vertaal soms ’n gedig uit die Engels in Afrikaans en het onlangs agt kinderboeke vir Jacana vertaal in Afrikaans.  Maar ek sal nooit my hand daaraan waag om vir ’n publikasie soos ’n bloemlesing te vertaal nie. Hier het jy kundigheid nodig, mense wat in die bedryf reeds gevestig en bekend is. Die paar kere dat ek self ’n Engelse teks aangepak het, het ek dit merendeels as ’n soort ‘omdigting’ gedoen, eksperimenteel. Sommige vertalers hou daarvan om so na as moontlik by die oorspronklike teks te bly. Ek het weer verkies om ook my eie verbeelding in te span sodat die gedig ’n eie lewe aanneem en nie moet klink soos ’n tipiese vertaling nie. Ook nie altyd maklik nie! Ek het lank gelede so groepie van Yehuda Amichai se gedigte vertaal en op Versindaba geplaas.

Alwyn: Wat is die waarde van die vertaling van kontemporêre Afrikaanse poësie in die Suid-Afrikaanse en die internasionale konteks onderskeidelik?

Marlise: Op sy beste is alle vertalings van Afrikaanse gedigte se doel om bekendstelling aan Afrikaanse digters te gee, aan ʼn leserspubliek wat nie vantevore van hulle kennis kon neem nie. Ter plaatse, en internasionaal. Natuurlik sal ʼn bloemlesing soos In a burning sea nie werklik die geheel van enige digter se oeuvre kan reflekteer nie. Maar dis al ʼn begin. So iets kan lei tot optredes van die digter of selfs Individuele vertalings van ʼn hele bundel. Ek kan weer verwys na bogenoemde toe ek soveel Hongaarse digters ontdek het. Slegs deur vertalings van hulle tekste. Vertalings van digters wêreldwyd se waarde is onteenseglik verrykend vir enige poësieliefhebber of navorser.

Alwyn: Is daar ’n saak te maak vir die vertaling van ander Suid-Afrikaanse tale behalwe Afrikaans na Engels?

Marlise: Ja, natuurlik. Hoe meer tale in ons land betrek word hoe beter. ’n Taal is kultuurgebonde, en gedigte reflekteer juis unieke ervarings en idees van digters uit hul onderskeie situasie. Ek hoop van harte dat meer samestellers van bloemlesings na vore kan kom en digters uit alle tale kan betrek.

Carina van der Walt. Literaire Salon in’t Wevershuisje 2013 – 2015

Die Literaire Salon in’t Wevershuisje het drie jaar gelede ontstaan. Dit is Carina van der Walt se persoonlike inisiatief uit Tilburg. Verlede jaar is dit vir die eerste keer finansieel ondersteun deur haar alma mater –  die Noordwes Universiteit in Potchefstroom. Die literêre salon word één maal per jaar georganiseer wanneer ’n Afrikaanse digter in die Lae Lande of in die omgewing kuier. Op basis van die betrokke digter se besoek word minimaal één bekende digter uit Nederland en één bekende digter uit België vir die salon uitgenooi; aansluitend daarby ook ’n Tilburgse stadsdigter. In 2013 was Heilna du Plooy die eerste besoekende digter uit Suid-Afrika. Daarna het Charl-Pierre Naudé in 2014 gevolg en Bernard Odendaal en Desmond Painter in 2015.

Tilburg se ligging vyf kilometer van die Belgiese grens is uiters geskik vir so ’n digters uit drie lande-ontmoeting. Die doel van die salon is die uitruiling van kreatiewe energie vir die skryf én vertaal van poësie. Dit gebeur deur ontmoetings en gesprekke; voorlesings van eie werk en vertalings van mekaar se werk. Dit is gekonsentreerde middae en dien as teelaarde vir nuwe idees. Daarom is dit elke jaar geslote byeenkomste. Hierdie nuwe idees vind hulle weg in konkrete publikasies in Nederlandse en Suid-Afrikaanse literêre tydskrifte en op webwerwe.

Die Literaire Salon in’t Wevershuisje neem in die Lae Lande ’n ander posisie in vergeleke met die Week van die Afrikaanse Roman. Laasgenoemde word vanuit Amsterdam georganiseer met goeie bywoningsyfers. Dit is dus oop byeenkomste rondom ’n afgelewerde roman en uit ’n ander literêre genre as poësie. Dié week dra by tot die skrywer se bekendheid en verhoog verkoopsyfers. Die Week van die Afrikaanse roman staan in wese lynreg teenoor die Literaire Salon in’t Wevershuisje: produk versus kreatiewe impuls.

Wat was die literêre produksie van die afgelope drie jaar se digtersalonne? Kan daar ’n punt agter hierdie momentopname geplaas word? Neem die muse nie haar eie tyd wanneer die digter iets wil skryf nie? Hoe word die duur van ’n kreatiewe impuls bepaal? Met hierdie vrae in gedagte sal die leser waarskynlik besef dat ’n ideale middag by die Literaire Salon in’t Wevershuisje kreatiwiteit met intense krag aktiveer.

Eén van die uitvloeisels van die Literaire Salon in’t Wevershuisje 2013 was die vertalersduo Heilna du Plooy – Emma Crebolder. Vertalings van Crebolder se werk is gedurende 2014 in twee verskillende uitgawes van die Wes-Vlaamse kuns- en literêre tydskrif ambrozijn gepubliseer. Een vertaling van Du Plooy se werk is weer gepubliseer op die webwerf www.fleursdumal.nl. Hier volg ’n fragment van Du Plooy se vertaling van een van Crebolder se gedigte uit Maastricht, middeleeuse stad langs die Maasrivier. Die vertaling van “Schorrevaar” was problematies.

Ons vruchtbaarst verleden lag
in geschriften en bij rivieren, op
keien of stenen aan Schelde of Waal.
De stroming sleepte ons mee.
We moesten de verhalen vinden.
Schorrevaar is achtergebleven. Ze
speelt met uitgeklapte vleugels voor
boek.

(Emma Crebolder uit Vergeten, 2010)

Ons vrugbaarste verlede is op papier
en langs riviere vasgelê, op die keie
of klippe langs die Schelde of die Waal.
Die stroming het ons meegevoer.
Ons moes na die verhale soek.
Waterraaf het agtergebly. Sy flap
haar vlerke soos ’n boek wyd oop.

(Vertaling Heilna du Plooy)

literaire-salon-int-wevershuisje-30-jun-9

Heilna du Plooy, Emma Crebolder (Maastricht) en Geno Spoormans (saam met Carina van der Walt vertaler van ‘n dosyn Cloete-gedigte, gepubliseer in twee uitgawes van die Poëziekrant Gent) buig saam oor die woordeboeke vir ‘n vertaling.

Uit Crebolder se vertaling van Reis (Heilna du Plooy uit Die donker is nooit leeg nie, 1997) word dit duidelik watter aanpassings ’n vertaler maak om begrip by die lesers tegemoet te kom. In die aanhaling uit strofes 3 en 4 hieronder is die Suiderkruis nie sigbaar aan die noordelike sterehemel nie, maar ter kompensasie dig Crebolder Orion daarby. Die ritmiese herhaling van “vaak-vaak” is eintlik onvertaalbaar. Met die subtiele weglating van tyd in “vóór wat ons sien verdwyn” in onderstaande slotreël ontrafel Crebolder ’n semantiese knoop vir die Nederlandse leser.

Pa wijst waar de Drie Koningen staat,
Orion, en ook het Zuiderkruis.
Wij kijken steeds maar naar de lucht
verbaasd dat ook de maan kan ondergaan.

Als het lichter wordt,
de zon kogel kleurig rond verschijnt
dan moeten wij om ons heen kijken
en vertellen wat wij zien verdwijnen.

(Vertaling Emma Crebolder)

heilna-du-plooy
Heilna du Plooy (Literaire Salon in’t Wevershuisje 2013)

Tydens dieselfde salon in 2013 het die digter Willy Martin uit Leuven (België) vir die eerste keer sy hand aan ’n vertaling gewaag. Vir Martin geld die voorwaarde “goed”. Du Plooy se Lemoene I het hom inspireer. Martin is eerstens ’n uiters aandagtige luisteraar en daarna (na aanleiding van navorsing oor hoe en wat ánder van vertaling dink) ’n eiesinnige vertaler.  Hy verduidelik:

“Het moet gaan om een ‘goed’ gedicht. Een dergelijk gedicht heb ik ooit gedefinieerd als ‘een gedicht met haken en ogen’. Net als een wag-’n-bietjie haakt een goed gedicht zich aan je vast, laat het je niet meer los én, het geeft je nieuwe ogen: laat je de dingen opnieuw zien, op-nieuw. Hoe ik vertaal heeft alles daarmee te maken.

De uitspraak van Gerrit Komrij indachtig ‘Een onbetrouwbare vertaling die zelf weer een gedicht is, valt verre te verkiezen boven het meest exacte product van de schriftgeleerde.’, vertaal ik Lemoene I niet door ‘sinaasappels’ of ‘De sinaasappelboom’, maar door ‘De appelboom’. In de socio-culturele context van de Lage Landen kunnen ‘sinaasappels’ nooit hetzelfde beeld oproepen, nooit dezelfde connotatie hebben dan degene die ze in Zuid-Afrika hebben. Aldus wordt de eerste strofe vertaald als:

Lemoene I

Sy pluk lemoene in die tuin.
Hoeveel lemoene, vra die vrou,
kan ek in my hande hou?

(Heilna du Plooy uit Die stilte opgeskort, 2014)

De appelboom

Zij plukt een appel van de boom.
Hoeveel ven deze vruchten, vraagt de vrouw,
kan ik in mijn handen houden?

(Vertaling Willy Martin)

willy-martin-en-heilna-du-plooy_literaire-salon-int-wevershuisje-2013
Willy Martin en Heilna du Plooy (Literaire Salon in’t Wevershuisje 2013)

Hoewel Du Plooy ernstig teëgestribbel het toe Martin lemoene as appels vertaal het, skryf sy op die 29ste Oktober 2014 ’n blog op die webwerf www.versindaba.co.za met die titel ONTMOETING. Daarin beskryf sy haar en haar twee lemoenvroue (’n gedig en ’n skildery) se ontmoeting met ’n “bloedsuster of oervriendin” (’n beeld) in St Paul de Vence. Ondanks hierdie beeld met haar arms vol appels is die herkenbaarheid met “haar twee lemoenvroue” so groot dat Du Plooy na aanleiding hiervan ’n brief skryf aan die kunstenares Sylvie Ramu. Daarmee maak sy haar aanvanklike beswaar teenoor Martin se vertaling eintlik ongedaan.

Na aanleiding van die Literaire Salon in’t Wevershuisje 2014 gebeur iets uitsonderlik. Charl-Pierre Naudé se gedig Tuisresep word spontaan deur drie verskillende digters in Nederlands vertaal. Volgens die hoofredakteur van die poësietydskrif Awater waarin hierdie Afrikaanse gedig saam met al drie die Nederlandse vertaling gepubliseer is, het so iets net nog met één ander digter gebeur – die Spaanstalige Argentynse Luis Borges. By die salon het die digters K. Michel, Emma Crebolder en Willy se vertalings onwetend van mekaar ontstaan. Vergelyk die vertalings van die slotstrofe:

Só het dit gekom na Ma se kombuis,

waar sy die seile soos servette
sou opvou voor sy voorsit;
en ons vinnig ’n gebed aframmel om God te dank
vir nog ’n dag se veilig aankom
aan eie tafel.

(Charl-Pierre Naudé uit Al die lieflike dade, 2014)

en zo is beland in moeders keuken

waar zij de zeilen als servetten
zal opvouwen voordat zij uitserveert
en wij fel een gebed afraffelen om God te danken
voor alweer een veilige thuiskomst op deze dag
aan de eigen tafel.

(Vertaling K. Michel)

Zo is het in moeders keuken beland,

waar zij de zeilen als servetten
zou opvouwen voordat zij aan het hoofd zit;
wij snel een gebed afraffelen om God te danken
voor weer een dag waarop we veilig arriveren
aan eigen tafel.

(Vertaling Emma Crebolder)

Zo kwam de bobotie in de keuken van haar huis,

waar zij de zeilen als servetten
opvouwde voor zij de schotel bracht;
en wij snel een gebed afrafelden om de Here te bedanken
voor nog een dag waarop wij veilig aangekomen waren
aan haar tafel, thuis.

(Vertaling Willy Martin)

charl-pierre-naudeliteraire-salon-int-wevershuisje-042
Charl-Pierre Naudé (Literaire Salon in’t Wevershuisje 2014)

 

Ander vertalings wat uit die 2014-salon gespruit het, is Martin se Nederlandse vertaling van Hans du Plessis se Griekwa-Afrikaanse gedig mooierder assie son. Dit het pas in ambrozijn verskyn. Charl-Pierre Naudé se Afrikaanse vertalings van In de koepelzaal, Vandaag ben ik, Het bezit van de aandacht en Voorop van K. Michel het pas in STILET verskyn.

wevershuisje-15-028Martin Beversluis (stadsdigter Tilburg), Desmond Painter, Bernard Odendaal, Carina van der Walt, Annelie David (Amsterdam), Bert Bevers (Antwerpen) en Jef van Kempen (poësiewebwerf fleursdumal.nl) saam in die tuin van die wewershuisie.

Tydens die Literaire Salon in’t Wevershuisje 2015 is ’n Afrikaanse digter se werk vertaal wat nog nie ’n bundel gepubliseer het nie. Martin Berversluis se hertaling van Desmond Painter se gedig Doodloopstraat uit Nuwe Stemme 5 (2013) sal in die Augustusuitgawe 2016 van ambrozijn verskyn. Beversluis is die huidige stadsdigter van Tilburg. In dieselfde uitgawe sal ook Odendaal se Afrikaanse vertaling van ’n gedig van Beversluis verskyn. Hier volg die eerste helfte daarvan:

Wat in het klein niet werkt

De cellen in je lichaam begonnen
te groeien om het groeien te dokter
vond dat niet goed en had er een
naam voor hij noemde het kanker    

toen hij kaal werd van de kuren
schoor ik mijn kop jij geen haar
ik geen haar ik dacht dat ik solitair
kon zijn je zo misschien kon redden

(Martin Beversluis uit Meandertaler, 2015)

Wat onwerkbaar in die kleine is

Toe begin die selle in jou liggaam
groei omwille die groei die dokter
hou niks daarvan nie en vind ’n naam
daarvoor die woord was kanker 

toe jou kop kaal raak van die kure
laat skeer ek myne poenskop
ek poenskop ek dag as ek solidêr
is kry ons jou deurgesien so                                                                               

(Vertaling Bernard Odendaal)

wevershuisje-15-032Bernard Odendaal, Annelie David, Jef van Kempen en Martin Beversluis aan die vertaaltafel in die Literaire Salon in’t Wevershuisje 2015.

Odendaal se twee Afrikaanse vertalings van die Duits Joodse Annelie David (sy debuteer in 2013 met Machandel, ’n bundel Nederlandse gedigte) is iets wat dopgehou behoort te word. Die betrokke Afrikaanse literêre tydskrif wil hierdie publikasie nog nie bevestig nie.

Tydens die Literaire Salon in’t Wevershuisje 2015 is die deelnemende digters vir die eerste keer uitgenooi om ’n nuwe gedig oor ’n dans van die danslegende Pina Bausch te skryf. ’n Deel van die middag se byeenkoms is daaraan afgestaan om na ’n dansfragment uit die dokumentêre film “dance, dance, otherwise we are lost” van Wim Wenders te kyk. Die temas vir 2015 was “Dans & Dood”. Bert Bevers uit Antwerpen het tot dusver hierdie uitnodiging aanvaar.

Wuppertaler vademecum
                                             Pina Bausch indachtig

Met me mee, ga maar met me mee. Bekijk
me als een boei uit een andere wereld, en
laat boetekleed en as voor wat ze zijn. Je

moet theater van verlossing nastreven, en
dagen van genade. Tot de orde: doe nu om
de beurt bewegend sneeuw naar moeders

op bergtochten smaken, naar koppig zwijgen
van voorstudies. Dans zonder schaamte, want
doelloos zweven in deze stad is hoogverraad.

Hopelik gaan die Literaire Salon in’t Wevershuisje elke jaar van krag tot krag. Soms ontvang ’n literêre tydskryf onverwags ’n aanbod vars gedigte of vertalings. Ander kere neem dit ’n bietjie langer om die geskikte publikasieruimte te kry, maar daar kom altyd iets uit hierdie salonne voort. Die Literaire Salon in’t Wevershuisje is meerdere kere in die verlede vergelyk met Poetry International in Rotterdam. Die verskil is dat hierdie salon intiemer is met digters uit net drie lande wat mekaar se taal min of meer verstaan.

Carina van der Walt is digter en kunsresensent.

Onderhoud met Gisela & Tony Ullyatt

Alwyn Roux: Hoe het julle betrokke geraak by die vertaalprojek, in a burning sea (2014)?

Tony & Gisela Ullyatt: Ons is deur die digter Marlise Joubert genader om aan hierdie vertaalprojek deel te neem.

Alwyn: Waarom Afrikaanse gedigte na Engels vertaal?

Tony: I was exposed to Afrikaans poetry when I took up a post at the University of the Free State in the early eighties. The English department was (and still is) on the same floor as the Afrikaans department. I became increasingly fascinated with Afrikaans poetry and had long conversations with Afrikaans academics/poets like Bernard Odendaal. A whole new literature opened up for me as my Afrikaans improved. Later on, I met George Weideman, who was a guest lecturer at the time and started to translate some of his poems. In the early 2000s, I was doing intensive research on the myth of Daedalus and Icarus, and discovered some poems on the topic by poets like Ernst van Heerden, Henk Rall, Jan Swanepoel, and Lucas Malan. Not speaking much Afrikaans in those days, I began translating poems initially because I wanted to know what they meant. Simple as that.

Gisela: Daar is soveel lesers wat andersins geen toegang tot die Afrikaanse digkuns sou hê as dit slegs in Afrikaans beskikbaar was nie. Ek sien dit ook as ‘n geweldige uitdaging wat die grense van my eie woordvaardigheid en analise toets.

Alwyn: Dit is baie interessant dat julle die gedigte saam vertaal. Hoe werk die proses?

Tony and Gisela: We work as a team. Gisela is mother-tongue Afrikaans speaking and I am mother-tongue English speaking. This combination brings the best of both worlds – a sound knowledge of both source- and target-languages – to the translation process.

And for those inquisitive readers who wonder whether working together as translators is stressful as far as our relationship goes, the answer is, perhaps disappointingly, no. That is because we both believe that the translation process is one of negotiation. It is an adjunct to the processes of negotiation Umberto Eco discusses in his book, Mouse or Rat? Translation as Negotiation.

As far as the process itself works: I usually do the initial rough draft into English, working from grammatical unit to grammatical unit rather than line by line. If there are lines or words I have difficulty understanding – idiomatic usage is one example – I will retain the Afrikaans exactly as and where it appears in the original text. At this stage, getting an overall sense of the text, of the poet’s style, while creating a document we can work on is of more immediate import than fiddling around with dictionaries. That comes later.

Once that rough draft is done, Gisela joins the process. Together, we go through the problems I had with the original poem. We discuss each of those matters, deciding on some of the suitable English possibilities and rejecting others. Once the initial draft has been typed up, it could resemble this; the last four lines of the ninth section of “Asemgedig” by Phil du Plessis:

Ek sal met halle van ’n blou kwas
’n stort vloed van reën
’n gety van vergetelheid
oor die landskap laat spoel

I shall with strokes/dashes from a blue brush
a flood/torrent/deluge of rain
a tide of vergetelheid
over the landscape let flow

Once these lines come into existence, we can tackle a couple of initial questions: Where, in the English version, might the phrase, “oor die landskap”, fit? What if it were moved to the end of the line? Which of the alternative nouns fit most tightly with both the context and the line’s syllable count? What English verb would be most apposite for “laat spoel”? At this point, we have made no attempt at English grammatical ordering, thus leaving many possibilities open.

Now we are able to focus our joint attention on going through the translation word by word, unit by unit, line by line as we work towards a text that reads like an original English poem. At the same time, we are fully conscious of Peter Newmark’s question: “Why should a translation  not sometimes read like a translation, when the reader know that is what it is?” All well and good, except that you might wind up with a monstrosity like this: “I tripped on the carrot of a tree and broke my keybone.”

This process may take days, even weeks. We do a great deal of reading the poem aloud, listening for stylistic clumsiness, inappropriate words, trying to get rhythms right, and so on. We discuss various alternatives and see how well or badly they work. New changes come to mind after several readings; after these, we know we’re pretty close to what we striving for.

burningsea_omslag

Alwyn: In in a burning sea (2014) het julle gedigte van Martjie Bosman, Marius Crous, Tom Gouws, Marlise Joubert en Dolf van Niekerk van Afrikaans na Engels vertaal. Watter uitdagings het die vertalings van elke digter se werk aan julle gestel? Is die vertaalproses makliker by sekere digters en moeiliker by ander?

Gisela: Eerstens is dit belangrik om die integriteit van die oorspronklike gedig te behou: vir my beteken dit om die ‘atmosfeer’ daarvan raak te lees en te verstaan. Dit help weinig as die vertaler op woord-truuks staatmaak. Literêre vertaling is ‘n meditasie: die digter se intensie moet behoue bly. Daarom geskied die proses nie oornag nie.

Elke digter het sy/haar eie “binnetaal” en konteks en dié moet die vertaler ook in ag neem. Een so ‘n voorbeeld is Marlise Joubert se “dryfgoed” (144). Strofe twee lees as volg:

in die vroegoggend huiwer
‘n kewer dou aan die kwas,
breek ek die vergeefse bloeisel af […]

Ek en Tony het gestoei met die beeld “‘n kewer dou” en hoe dit skakel met “bloeisel”. Na ‘n e-pos aan Marlise het ons meer klaarheid oor die beeld gekry. Sonder die spesifieke waterverf-konteks, sou die vertaling dalk nie so geslaagd kon wees nie. In hierdie geval was dit die stasis van die waterdruppel wat ‘n kewer verteenwoordig. Die finale Engelse weergawe lees as volg:

in the early morning a beetling
dew-drop teeters at the brush’s tip,
I break off this fruitless blossom […]

In hierdie geval was daar ‘n hele paar sinonieme: “vain”, “useless”, “unavailing”, “futile”, “fruitless”, “idle”, “ineffective”.  Hierna volg ’n  aansienlike eliminasie-proses waartydens ons elke sinoniem uitrafel  in terme van klank, aantal lettergrepe, ensovoorts. In hierdie geval het “fruitless” sterk na vore getree vanweë die voorafgaande versreël waarin die kewer-beeld voorkom asook die “bloeisel” wat langs “vergeefse” gevind word. As hierdie twee beelde nie daar was nie, sou “fruitless” dalk nie die “wenner” kon wees nie. Die vertaler moet dus sin kan maak uit die makro- en mikrokosmos van ‘n gedig.

Nog ‘n voorbeeld: Nie net gebruik Marius Crous se gedig “Ted” (74) met die vernietigende huwelik tussen Ted Hughes en Sylvia Plath as interteks nie, maar ook die selfdood van Sylvia en die latere selfdood van Ted se minnares en kind:

swaar sou hy sluk
aan sy smartpraatjies
asof profeties
dis uit die stigmata
van sy gasgevulde vrou van fitzroy rd
wat die feministe
hulle penne sou volsuig
in die vliesige oë
van sy minnares en kind
soek na die ongetemde god

Die vertaling van “ongetemde” na “untamed” blyk heel eenvoudig, maar omdat dit die slotreël van die gedig is, berus soveel op die juistheid van die vertaling. Sinonieme in ons voosgevatte Pharos was: “Untamed”,  “undomesticated”, “unbroken”, “wild”. “Untamed” sou gewis nie ‘n slegte vertaling kon uitmaak nie. Die gedig het egter na meer gevra, wat Flaubert ‘le seul mot juste’ noem (“the unique exact word”). Hierdie gedig se selfdood-tematiek het ons op “savage” laat besluit. Dit  word egter nié as sinoniem in die woordeboek aangedui nie. Hier het sinchronisiteit ‘n groot rol gespeel: op ons boekrak was Al Alvarez se “The savage god” (1971), ‘n uiters insiggewende en belangrike teks wat selfdood en kreatiwiteit karteer. Alvarez het Plath in die laaste jaar van haar lewe geken. Hy baseer ook sy boek op sy eie selfdood-poging.

Bogenoemde staaltjie het ook ‘n les aan voornemende vertalers: lees so wyd as moontlik. Die vertaal van ‘n gedig vra eerder na wye belesenheid as vertaal-teorieë. Jy kan laasgenoemde weer nagaan as jy ‘n akademiese artikel oor die vertaling van gedigte wil/moet skryf.

Alwyn: Albei van julle skryf self ook gedigte. In watter mate kan die vertalings van gedigte gesien word as ’n leerskool by die skryf van oorspronklike gedigte?

Gisela: Om ’n gedig na Engels te vertaal help om prosesse in my kop ten opsigte van my eie gedigte oop te beitel. Dit leer jou die haakplekke van taal en klank asook die nodige woord-dissipline wat poësie vereis. Vertaling help jou om met ‘n strenger oog na jou eie gedigte te kyk. Of dis in elk geval wat ek myself wysmaak…

Tony: Translation can be an extremely valuable learning process for a poet. It hones the translator’s understanding of another poet’s creative processes. In that sense, it is a privileged sharing of someone else’s art and craft; and it feels very personal. It’s like one-on-one tuition. Who better to teach you the whole business of writing poetry than those who have been extremely successful at it? And, in a broader sense, it gives you an awareness of another language’s literary history, its tradition and its individual talents – to steal from T.S. Eliot. The process can also be a great help in dealing with one’s own writer’s block, as Joan Hambidge has pointed out.

Of course, these pleasures come only with considerable hard work and persistence. But translation remains irresistible, nonetheless.